- Item: Ouma en Ouma se Boere Rate Boek
- Reserve Price: R 1
- Area: Nationwide Courier
- Description:
Ouma en Ouma se Boere Rate
Ouma en Ouma het vir alles en nog wat ’n raat. Hier volg ’n paar wat u in die boek sal waardeer.
As skerpioen jou steek en jy kan hom net daar vasdruk en eers sy angel afmaak, hom ’n sny onder die maag gee en op die plek sit, sal die gif gou terugtrek en die brand bedaar. Maar as hy ontsnap, neem dan terpentyn, die wat jy in die apteek koop, en hou die plek daarin.
As ’n mens tandpyn het en jy wil die tand nie uittrek nie, dan kan jy van die hand aan die kant wat jou tand seer is 3 naels afsny en van die gesonde kant se hand 5 afsny. Gee dit vir iemand wat nie weet watter tand seer is nie. Laat hy dit in ’n papier toedraai en onder die water in modder begrawe en jou tand word gesond.
Hier is nou ’n ouë, ouë raat. As u in die veld stap met ’n hewige hoofpyn en u daar ’n wildetwakboom sien, pluk die blare, pak die hoed se bol vol en sit dit op die kop, nie lank nie, dan sal die hoofpyn verdwyn.





Submit a Comment