Agri Veilings Sa
Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
  • Item: Boerekos Book
  • Reserve Price: R 1
  • Area: Nationwide Courier
  • Description:
    Boerekos Book – Kom ons eet Boerekos
    ‘n Keur uit ons kos-erfenis
    Cecile Kemp put uit ‘n ryke kookkunskultuur wat deur haar voorouers aan haar oorgedra is. Haar belangstelling in en kennis van Boerekos kom van haar Liebenberg-tantes, haar grootouma Goosen en haar oumas Goosen en Erasmus. Dié vroue het liefde vir tradisionele geregte by haar vasgelê.
    Waar dit vandag soms noodsaaklik geword het om half verwerkte en half halfgaar produkte in ‘n kitsgereg te berei, bring die skryfster die kemerkende smaak en geur van vars vleis en vis met groente uit die tuin terug.
    Die geregte is liggies met die tradisionele speserye en kruie gegeur – dié waarmee die gereg geassosieer is. So kom die kok die verskil agter wanneer melkkos met egte pypkaneel gegeur is! Gerasperde suurlemoen- en lemoenskil, gedroogde nartjieskil en perskeblare is lank vergete geurmiddels wat ‘n plek in ons kookkuns verdien.
    Wanneer ‘n mens deur die boek blaai, dink jy met nostalgie aan dit wat jy by Ouma geëet het: soutribbetjie, souskluitjies en broodpoeding. Jy sien en ruik in jou verbeelding die kruinaeltjies in die appel…Die romantiek van ‘n Boerevolk herleef deur die skottels met bredie, geelrys, stoofpatats, sousboontjies, tamatie-en-komkommerslaai en ‘n doenpoeding met brandewynsous wat Cecile Kemp aan ons voorsit.
    Cecile Kemp bied met hierdie publikasie ‘n gewaardeerde kookkunsnalatenskap aan.

Partner websites to check out